23/08/2026
Vlu Fuchsia tak byeenkoms 19 Augustus 2026
Ons tema vir die dag was Denim. Al ons lede was uitgevat in demin klere en opgewonde vir wat voorlè. Edna Bester het ons deur die proses gevat van 'Knip en stik'. Dit was vir ons almal ons eerste ondervinding en was in vervoering om die eindresultate te sien.
Ons het begin met n lappie waarop n patroon gestik was en n klein skerp skértjie.
Tussen lag en gesels, het ons die patroontjie uitgesny en die verskillende skakerings en lae materiaal deurgeknip.
Groot was die effek van wat ons voor ons oë sien afspeel het.
Die mooiste stukkies lap!
Baie dankie Edna. Ons het nie geweet wat om te verwag nie en was almal trots op ons lappies.
Vlu is die beste plek om elke maand n nuwe talent te ontwikkel!
Jy is welkom om saam met ons te kom en nuwe dinge te leer.
Telefoon nr Lena 0827741933 of Ria 0822185530.