27/02/2026
Goeie more almal, vanuit n lieflikke ,windstil dag in ons pragtige Dananabaai.
Net n vriendelikke versoek, aan ons opbetaalde lede om asb, Julle jaargelde, ten bedrag van R120.00 te vereffen, teen more,die einde van ons finansieeele jaar.Ander lede ,ASB, u word vriendelik versoek om aan te sluit as opbetaalde lede. Die DRA, is juis gevestig ,reeds in 2023 ,om na die belange van almal en alles in Danabaai om te sien .Ons is A.polities en daar vir julle, die mense!!
Ons het regtig, julle ondersteuning nodig .Versterk ons hand om te verseker dat Danabaai ,sy inwooners ,belasting betaals, sake eienaars, en ons diereryk ,kry wat hom toekom.
Ons tesorier, Michelle gaan aan alle opbetaalde lede, n faktuur stuur.
Die Bank besonderhede is dieselfde, Absa Mosselbaai :Cheque rek nr 41 1680 9972.
Gebruik as u naam en dra nr as verwysing.
Baie dankie aan die lede wie reeds vroegtydig hulle jaar gelde vereffen het.
Ons sien uit na n vrugtevolle jaarvergadering, op 9 April 2026, met heelwat belangrikke sake wat bespreek en aangespreek moet word, oor Danabaai, sy Mense, ons ongeewing,diereryk, en die voorsiening vir Danabaai, in die Begrooting, onder andere.
N wonderlikke lekker dag en naweek vir almal.