01/06/2026
Waarom Bloubrak Eiendomme vertrou met jou plaas?
By Bloubrak Eiendomme verstaan ons dat ’n plaas veel meer as net grond is – dit is ’n belegging, ’n besigheid, ’n leefwyse en dikwels deel van ’n familie-erfenis. Daarom benader ons elke plaasverkoping met die nodige kennis, integriteit en persoonlike aandag.
Met ons agtergrond in die landbou- en eiendomsbedryf verstaan ons die unieke uitdagings en geleenthede wat met plaastransaksies gepaardgaan. Ons kyk nie net na die grootte van die plaas nie, maar ook na faktore soos grondkwaliteit, waterbronne, infrastruktuur, drakrag, gewas- en veeproduksiepotensiaal, asook die marktoestande in die area.
Ons doel is om verkopers en kopers professioneel te begelei deur die hele proses – van waardasie en bemarking tot onderhandeling en finale registrasie. Deur moderne bemarking, ’n sterk netwerk van kopers en persoonlike diens, streef ons daarna om die beste moontlike resultaat vir ons kliënte te behaal.
By Bloubrak Eiendomme glo ons dat vertroue verdien word deur eerlikheid, deursigtigheid en resultate. Daarom bou ons langtermynverhoudings met ons kliënte en werk ons hard om hul belange eerste te stel.
Bloubrak Eiendomme – Waar plaaskennis, passie vir landbou en professionele diens saamkom. 🌾🐂🏡
Kontak vandag Lizette Combrink 079-293-1345
Of Johan Hoewe 071-216-4887