12/05/2026
📢 Junior Portfolio Bestuurder of Administrateur – Midrand
Ons is op soek na 'n jong, energieke en georganiseerde dame om by ons span in Midrand aan te sluit as 'n Junior Portefeulje Bestuurder of Administrateur in die deeltitel-omgewing.
Hierdie pos is ideaal vir iemand wat graag in 'n professionele kantooromgewing wil werk en wil groei in die eiendoms- en deeltitelbedryf.
Pligte sal onder andere insluit:
• Algemene administrasie vir deeltitel skemas
• Hantering van e-posse en telefoonnavrae
• Voorbereiding van dokumente en vergaderingspakkette
• Opvolg van take en kommunikasie met trustees en eienaars
• Ondersteuning aan 'n Senior Portefeuljebestuurder
Vereistes:
✔ Goeie administratiewe en organisasievaardighede
✔ Sterk aandag aan detail
✔ Goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels)
✔ Rekenaarvaardigheid (MS Word, Excel en Outlook)
✔ Vermoë om onder druk te werk
✔ Geldige bestuurslisensie sal voordelig wees
Belangrik:
Saam met jou CV, moet jy asseblief 'n kort paragraaf van 100–150 woorde insluit waarin jy jou persoonlikheid, werkstyl en sterkpunte beskryf. Vertel ons watter tipe spanlid jy is en hoe jy verantwoordelikheid hanteer.
📧 Stuur jou CV en paragraaf na: [email protected]
Slegs geskikte kandidate sal gekontak word.