28/07/2016
Brits: R4M - OHB. Uitstekende beleggings/besigheids geleentheid. 12 Ha Kleinhoewe aanliggend aan besige hoofpad. Ideaal geskik vir verskeie besigheidsopsies bv: hoender/vark/konyn of vis boerdery - 5 in 1 damme alreeds onder konstruksie. Nuwe 500 m² oopplan woonhuis met groot stoep aangrensend, 3 deur motorhuis. Groot dam, waterval met visdam, 2 bos lapa's, aparte braai area, groot gevestigde grasperk met bome. Alarmstelsel gekoppel aan kontrole kamer. Eiendom elektries omhein, 2 toegangshekke, werkersverblyf met water, toilet & stort. Staalhouer, 370 m² Werkswinkel met IBR dak, 16KVA diesel kragopwekker - 3 fase.
10 000L Watertenk & gereedskap kamer onder. Watervoorsiening vir woning, werkswinkel en werkers vanuit sterk boorgat.