05/06/2026
*"Hartland se aftree oord, dis net soos die naam se, jou Hart se land."* - Me Amanda Brummer
Ons het onlangs hierdie wonderlike terugvoer van een van ons Aftree-oord inwoners ontvang:
Hello julle, Ek is Amanda Brummer en woon vanaf Aug 2025 in 'n "Garden Cottage" in Hartland se aftree oord, dis net soos die naam se , jou Hart se land. Die oomblik toe ek kom kyk, was ek beindruk, al my boksies is getiek.
Skoon, ruim en modern, lieflike, groot inloop storte. As ek op my stoep uitloop is ek dadelik in 'n tuin met dammetjie en spuitfontein. Pragtig en alles word versorg en instand gehou sonder dat ek 'n vinger verroer. Vroegoggend en laat middag besoek eende die dam en selfs 'n ryer kom kuier deur die loop van die dag. Mooi veilige wandelpaaitjies begin by my voorstoep en ek wandel deur die tuin, kry oefening en geniet die skoon lug, sonskyn en natuur rondom my in 'n veilige omgewing. Elke dag bring iets nuut om na uit te sien, nou wag ons vir die ,," awesome," versorgings oord met verskeie plus punte.
Hier kry mens gemoedsrus en maak vinnig vriende in jou eie ouderdoms groep. Die sons ondergange, lyk soos skilderye so ook die springbokkies
Die paddakoor sing jou snags aan die slaap.
Nou kan ek ook se βΌοΈDIS MOS DIE LEWEβΌοΈ
hartland groete
Amanda
Amanda baie dankie dat jy jou storie met ons deel!
Kom ervaar dit self - besoek ons vir 'n persoonlike toer.
www.hartlandestate.co.za
Tel: 068 648 7739
Hartland Lifestyle Estate
Hartenbos