Informasie oor Jeffreysbaai
Jeffreysbaai is vernoem na die senior vennoot van die firma Jeffrey & Glendinnings wat 'n winkel geopen het in 1849 op die ligging waar die dorp vandag gelee is. In die laat 1960's en vroeë 1970's , was Jeffreysbaai bekend as 'n hippie “hangout” , waar die huidige groeiende surf gemeenskap ontstaan het. Jeffreybaai het gegroei van 'n visvang dorpie na een van die vi
nnigste groeiende stedelike gebiede in die land. Jeffreysbaai is een van die vyf mees bekende branderplankry bestemmings in die wêreld en huisves jaarlikse branderplank kompetiesies by Super Tubes gedurende Julie . Toeskouers en professionele branderplankryers van regoor die wêreld stroom na die gebeurtenis. Jeffreysbaai is 'n gewilde toeristebestemming as gevolg van sy branderplankry geleenthede en die blou vlag strande. Jeffreysbaai is bekend vir skulpe, n oorvloed seekos en calamari. Die nabygeleë Kabeljous, Seekoei en Kromrivier strandmere gasheer talle watervoëls, en is ook ideaal vir watersport soos kanovaart, en visvang. Elke jaar migreer honderde walvisse na die baai om geboorte te gee en kan waar geneem word van die verskye uit kyk punte in Jeffreys. Net noord van die dorp lê die Kabeljous Natuur Reservaat. Die reservaat het n bekende stap roete en is ook bekend aan hengelaars vir goeie vangste vanaf die strand. Die Kabeljous monding is een van die beste bewaarde riviermondings in die Oos-Kaap. Die strandmeer is die tuiste van watervoëls, reiers, en 'n verskeidenheid ander voël spiesies. Die Seekoei Rivier Natuurreservaat is tussen Aston Baai en Paradys strand. Die reservaat lê op die monding van die Seekoei en Swart rivier. Die reservaat is ryk in voëllewe en huisves meer as 120 spesies van voëls. Die strandmeer is ook die tuiste van talle klein bokkies. Visvang vanaf bote is hier verbied. Daar is ook 'n staproete wat sowat drie uur neem om te voltooi. Die roete begin met 'n reis op 'n vlot oor die strandmeer en loop deur fynbos en subtropiese plantegroei.