25/09/2026
🌿🌿🌿Aftrede, maar steeds met 'n tuintjie van jou eie🌿🌿🌿
2-Slaapkamer Woonstel | Panoramapark Aftreedorp, Klerksdorp
Jy kan steeds in jou eie tuintjie rondvroetel, koffie op jou stoep geniet en alles wat jy nodig het binne maklike bereik hê.
Hierdie netjiese ruim woonstel is geleë in die gesogte Panoramapark Aftreedorp en bied die gemak van jou eie privaat woonstel, gekombineer met die veiligheid en gerief van 'n aftreegemeenskap.
Binne vind jy 'n oopplan-sitkamer en eetkamer, 'n praktiese kombuis met genoeg pakplek en twee ruim slaapkamers, elk met ingeboude kaste en sy eie en-suite badkamer.
Die privaat buite-area is besonders. Ontspan op die gesellige stoep onder 'n louvre-afdak, met 'n ekstra seilpaneel vir privaatheid of beskerming teen die weer, terwyl jy jou mooi, maklik-onderhoubare tuintjie geniet.
Inwoners geniet ook:
24-uur-sekuriteit en toegangsbeheer
Paniekknoppie in elke eenheid
Skoonmaakdiens twee keer per week
Tuindienste
Wasgoeddiens een keer per week
Gesondheidsdienste op die perseel
Haarsalon en voetkliniek
Snoepie
Bingo, mini-gholf en kerkdienste
Pendeldiens na winkelsentrums
Wat maak Panoramapark besonders?
Jy behou die onafhanklikheid van jou eie huis en tuin, met veiligheid, ondersteuning, sosiale aktiwiteite en alledaagse geriewe sommer by jou voordeur.
Netjies, veilig en maklik om te geniet. Dit is aftrede met 'n bietjie meer vryheid.
Kontak my vir 'n persoonlike besigtiging nou!
📞Esilé Vorster
☎️076 892 1090
📧[email protected]
Eagles Property Consultants
Real Estate Excellence Every Step Of The Way /