14/05/2023
AAND GEBED
VADER EK IS NET N MOEDER....
Vader ek kom in alle nederigheid voor U vandag. En ek glo dat daar baie ander moeders is wat soms ook soos ek vandag voel.
Ek onthou die vreugde van moederskap....ek onthou daardie opgewonde gevoel toe ek in is hospitaal toe...ek gaan nou hierdie lewende stukkie liefde wat ek vir 9 maande onder my hart gedra het...in my arms kan vashou.
Ek gaan hierdie nuwe skepping wat U aan my toevertrou het teen my hart kan vasdruk en so die band wat U alreeds tussen my en my kind gesmee het verder verstewig. Ek gaan die vingertjies en die toontjies tel en weet dis alles myne...n Wonderwerk wat uit my en my man se liefde gebore is en wat ek sal kan sien.
Ek onthou vanoggend Here toe ek daardie bondeltjie mens huis toe geneem het...en ek nie geweet het wat om eerste te doen nie...bad ek hom eers...voed ek hom eers... ruil ek eers die doekie om...Ek het tien duime gehad en geen vingers nie...Ek het daardie eerste dag alleen in my kamer hierdie wonderwerkie op die bed neergele en toe erken dat alhoewel ek al 12 jaar getroud was, ek heen idee gehad het waar ek met die opvoeding van hierdie baba sou begin nie. Daarom het ek daardie dag my hande op hom gele en gevra...Here neem asseblief oor.
Wonderlike jare het gevolg...hulle het groot geword onder U toesig...maar dan skielik breek daar n dag aan Vader waar ek weereens soos daardie eerste dag erken dat ek nie weet wat om nou te doen nie.
Wanneer daardie kosbare kind van my deur n liefdes teleurstelling gaan...en hy moet probleme oplos waarmee ek nie meer kan help nie...wanneer ek die seer en die pyn en die bedekte trane in sy oe sien...en my hande hang slap...ek weet nie wat ek moet doen nie.
U sien Here, U het my nie toegerus om n sielkundige of n huweliks berader of n professor te wees wat in al hierdie ingewikkelde kwessies spesialiseer nie.. U het my net toegerus om n plein mamma te wees. Ek was nooit voorberei daarom om die bekommernis en paniek in my kind se oe te hanteer nie...Ek het geen opleiding in die optel wat skerwe wat ander agtergelaat het nie...Ek is nie opgewasse teen die hartseer van my kind wat nou deur my wese skeur nie.
En daarom Here, doen ek maar net vandag die een ding waarvoor ek wel opgelei is....EK BID. Ek het nie n graad daarvoor nodig nie...ek het nie n titel daarvoor nodig nie..Nee. ek het net n paar kniee daarvoor nodig. Ek neem vandag daardie kinders van my waarvoor ek so bitterlik lief is en ek le hulle weer soos daardie eerste dag voor U neer. ek le my hande op daardie stukkende lyfies en ek bid...ek bid soos nog nooit in my lewe nie...Ek bestraf die aanvalle van die bose...ek bind die gedagtes wat satan plant en ek gaan staan voor hulle as n menslike skild...en ek vertel vandag vir die vyand...as hy my kind wil bykom moet hy eers verby hierdie moeder kom...en ek waarsku hom dat as hy verby hierdie moeder kom is daar n God agter my waarby hy beslis nie verby gaan kom nie.
Here ek is net n moeder...geen titels...geen geleerdheid...geen grade... niks niks niks...net n moeder met n paar hande wat saamgevou is in gebed...net n moeder wat se kniee vol eelte is...Maar n moeder wat weet alleen kan ek nie hierdie berg uitklim nie...maar met U as my Anker en my Rots sien ek vir alles kans.
Ek sal die goliat wat teen my kinders opstaan met n gebeds klip oorwin. Ek sal saam met hulle deur die vuuroond van beproewinge gaan omdat ek weet daar is nog n PERSOON saam met ons...en wanneer ons uit die vuuroond kom sal daar nie n haar op ons hoof geskroei wees nie omdat U ons veilig hou.
Here ek is net n moeder...laat dieselfde Gees wat Jesus uit die dode laat opstaan het, deur my vloei en laat U Gees van my besit neem...en laat ek sterk staan solank as wat ek kinders het wat my nodig het en solank as wat ek kleinkinders het wat ek die pad voor moet aanwys.
Dankie Here dat U so groot en wonderwaar is...Dankie dat ek vanoggend met U kan praat omdat ek nie meer n aardse moeder het by wie ek kan gaan raad soek nie..Ek het net die Grootste Vriend wat nog ooit geleef het...Ek het die Lelie van die Dale en die Blink Morester...ek het die Roos van Saron en daarom het ek genoeg.
Dankie dat ek vandag my hart by U kon oopmaak...dankie dat ek weet U gee om.. Laat my altyd n skynende Jesus lig in my kinders se lewens wees.Here ek is net n moeder...en ek het U baie nodig.
Ek het U baie lief.
U dogter
AMEN.