Blyth & Coetzee Property Portfolio

Blyth & Coetzee Property Portfolio Sale of properties in the Ladismith and surrounding areas. Includes farms, smallholdings, houses and vacant land.

KONINGINSTRAAT 37A, LADISMITH  Prys: R650 000.00Ideaal vir die kleiner gesin of ‘n ouer paartjie wat wil aftree en nie t...
13/05/2016

KONINGINSTRAAT 37A, LADISMITH Prys: R650 000.00

Ideaal vir die kleiner gesin of ‘n ouer paartjie wat wil aftree en nie te vêr van die middedorp wil wees nie.

Die huis het ‘n aantreklike Victoriaanse “cottage” styl van die tyd en is geleë in ‘n kort stegie uit Koninginstraat net agter die NG Kerkgebou. Die perseel bestaan uit twee titelaktes met ‘n gesamentlike grootte van ongeveer 440 vk Meter. Die huis, sonder buitegeboue, beslaan sowat 120 vk Meter.

As jy by die voordeur inkom word jy verwelkom in ‘n noord-wysende toegeboude stoep wat heeldag son geniet. Plante floreer daarin en dit skep ‘n lekker rusplekkie. In die gang af is daar drie ruim slaapkamers, ‘n badkamer met spoeltoilet, handwasbak en ‘n bad. Dit is ook waar ‘n wasmasjien sy eie plekkie het. Verder af is daar ‘n baie ruim sitkamer met ‘n groot venster wat die oggendson lekker laat deurskyn. Vanuit die sitkamer betree jy ‘n groot kombuis met talle ingeboude kaste, ‘n skottelgoedwasbak en plek vir die stoof.

Op die erf is daar ‘n groot motorhuis, aparte stoorkamer en ook ‘n bedekte motor staanplek. Die erf is baie netjies en het ‘n gevestigde en goed-versorgde tuin.

Kontak asseblief vir Mnr Ockert Olivier by 082 923 6810

37A KONINGIN STREET, LADISMITH Price: R650 000.00

Quaint little Victorian-style cottage situated in a shared cull de sac coming out of Koningin Street, behind the Dutch Reformed Church buildings, near the heart of the midtown. Ideal for a small family or a couple wishing to retire.

The 120 sq metre dwelling is located on two title deeds giving a 440 sq metre combined erf. It has a north-facing, covered stoep entrance off the roadway that enjoys sunlight and is ideal for growing pot-plants. In winter this is an ideal resting place. There are three spacious bedrooms and a common bathroom with WC, bath and wash basin, leading off the passage that goes to a large lounge at the back of the house. Adjacent to the lounge is a very large kitchen, complete with ample built-in cupboards, a double-sink and stove nook.

On the site is also a large garage, separate store room and covered carport. The garden is well kept and easy to maintain.
Please contact Mr Ockert Olivier at 082 923 6810

Groot huis, ongeveer 300 vk metre, op 1076 vk metre hoekerf, nommer 1 Nissenstraat, Parkside, Ladismith. Hierdie huis is...
07/04/2016

Groot huis, ongeveer 300 vk metre, op 1076 vk metre hoekerf, nommer 1 Nissenstraat, Parkside, Ladismith. Hierdie huis is gedurende die 80e jare gebou. Dit is oorkant die skool en naby die Allan Blyth Hospitaal geleë. Die huis is tipies van daardie tyd; groot vertrekke, ingeboude hangkaste, stewige konstruksie, groot voorstoep en baie kamers. Die hoofgebou het vier slaapkamers, ‘n studeerkamer, sitkamer, lees/TVkamer, eetkamer, 2 badkamers, aparte stort en toilet en ‘n goed toegeruste kombuis. ‘n Gedeelte van die huis kan maklik as ‘n aparte wooneenheid funksioneer. Die buitegeboue bestaan uit ‘n motorhuis, bediendekamer, buitetoilet en wasgoedkamer. Op die erf is groot braairuimtes, ‘n buitehof, wasgoeddroogruimte, voor-en agtertuin en tuingereedskapkamer.

Beskikbaar vir R 840 000.00. Skakel asseblief vir Mnr Ockert Olivier by 028 551 1020 vir verdere inligting.

ALBERTSTRAAT 33Groot vier-slaapkamer, twee-badkamer huis, van ongeveer 318 vk metre (stoep ingesluit), op ‘n 1502 vk met...
21/01/2016

ALBERTSTRAAT 33

Groot vier-slaapkamer, twee-badkamer huis, van ongeveer 318 vk metre (stoep ingesluit), op ‘n 1502 vk metre erf in die sentrale gedeelte van Ladismith geleë. Daar is ‘n aangrensende tweede erf van 907 vk metre wat tot Koningstraat strek en wat saam of afsonderlik gekoop kan word. Die woonhuis is in die tradisionele styl van die Victoriaanse era gebou en in ‘n goeie toestand. Die dak is onlangs geverf. Die motorhuis is besonders ruim en beslaan ‘n area van ongeveer 6 x 12 meter.

20/01/2016

As prokureurs hanteer ons alle aspekte van die eiendomstransaksie, bv die plasing van advertensies, huisvertoning, onderhandeling, opstel van kontrakte, verkryging van finansiering, verbandregistrasie, aktebesorging en oordrag. Vir verdere inligting skakel asseblief vir Mnr Ockert Olivier by 028 551 1020.

ELAND STREETSituated in the best part of Ladismith on a 1214 Sq Metre erf, this is a practically designed, well-construc...
19/01/2016

ELAND STREET

Situated in the best part of Ladismith on a 1214 Sq Metre erf, this is a practically designed, well-constructed, 3 bedroomed, 2 bathroom dwelling with large lounge, dining room, kitchen and semi-outdoor entertainment/recreation areas. The house has lots of living space as well as a general purpose room that could be used as a study or hobby area. In addition, it has a large kitchen-extended area which currently serves as a laundry. Because it is linked via sliding doors to a covered outside entertainment area, this space can be used for many other purposes. A large garage/workshop area has been added to the original 2-garage structure as can be seen on the attached plan. The building is placed far back on the stand to maximise the garden area and allow for an open view towards the Swartberg mountain range.

Please contact our office at 028 551 1020 for more details.

KERKSTRAAT 35Hierdie eiendom is geleë in die sentrale gebied van die oorspronklike Ladismith, naby die ou kerkgeboue en ...
19/01/2016

KERKSTRAAT 35

Hierdie eiendom is geleë in die sentrale gebied van die oorspronklike Ladismith, naby die ou kerkgeboue en huidige munisipale kantore. Die gebou is aanvanklik in die tradisionele styl van dorpshuise van vroeë jare gebou met voor- en agterstoepe, groot vertrekke, dik mure en hoë plafon. Met verloop van tyd is beide stoepe toegebou en die huisarea vergroot na ongeveer 145 vk meter. Die gebou is in ‘n goeie toestand en onlangs geverf.

ONTWIKKELINGSGELEENTHEID: Die aantreklikheid van hierdie transaksie lê egter in die ontwikkelingsmoontlikhede van die perseel. Soos op die perseeluitleg aangedui, is die woonhuis en buitegeboue in die Noord-oostelike hoek van die erf geleë en los dit ‘n groot area oop vir die bou van woonsteleenhede of ‘n tweede huis. Die erf beslaan 1430 vk meter en is relatief plat wat amper geen grondwerke sou vereis nie. Die bou van addisionele wooneenhede kan gedoen word sonder enige verandering aan die bestaande konstruksies.

Address

Ladismith
6655

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00

Telephone

028 551 1020

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Blyth & Coetzee Property Portfolio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share