28/01/2017
Die eerste oppervlakteskatting vir somergewasse is hierdie week deur die Nasionale Oesskattingskomitee bekend gemaak. Die 2,55 miljoen hektaar mielies is 31% meer as wat verlede seisoen aangeplant was. Mnr Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom, sê dit is ‘n baie goeie teken dat bykans 54% meer witmielies aangeplant is en net 6% meer geelmielies omdat daar nie baie witmielies in die wêreld geproduseer word nie. Die VSA produseer byvoorbeeld feitlik net geelmielies wat vir veevoer gebruik word.