01/10/2015
Hierdie twee aangrensende eiendomme is enig in sy soort in die Oudtshoorn omgewing. Gelee net buite Oudtshoorn word hierdie twee eiendomme as n eenheid bemark. 26,05ha en 87,41 ha met gesamentlike lande van oor die 100ha. Die lande is gevestig met SA Select en SA Standaard lusern, alle lande is gelaser en word besproei. Gesamentlik is daar 5 Ruim woonhuise met alle geriewe en selfs n swembad, 5 Arbeids huise met krag en warm water, verskeie store en staal strukture, asook kuikenhuise met plafonne en krag. Verder beskik een van die hierdie eiendome oor n slaghuis en koelkamer.
Die een eiendom huisves n gerieflike trou fasiliteit met kombuis, kroeg en toilete vir die aanbieding van sulke geleenthede. Daar is ook n Mission/Fontiue olyfboord. Twee pragtige grond damme en twee sement damme voorsien water vir die lande. Beide eiendomme grens aan die Kamanasie Rivier. Die hoof inkomste bronne is Lusern, skaap en bees en dan ook lusern saad wat jaarliks geproduseer word. Die eiendomme is op verdeel in kampe wat die bestuur daarvan vergemaklik. Hierdie eiendomme leen hulle daartoe vir eninge persoon on met skaap of bees stoet te begin of net voort te gaan met die bedryf soos dit tans is. Hierdie is waarde vir geld en n moet om te sien.
Prys: POA
Johann Ge**er
084 584 4634
[email protected]