De Vreugde Eiendomme / Properties

De Vreugde Eiendomme / Properties Pure 📍 Paarl Agentskap
🏡 Verkoop l Verhuur
Persoonlik. Ervare. Betroubaar.

🔥 Braaidag... ja, ons bedoel Erfenisdag! Vandag gaan oor lekker kuier met familie en vriende en die kole wat lekker warm...
24/09/2026

🔥 Braaidag... ja, ons bedoel Erfenisdag!

Vandag gaan oor lekker kuier met familie en vriende en die kole wat lekker warm brand. Nooi jou mense, gooi nog 'n stukkie vleis op die vuur, en vier ons pragtige land se kleurvolle erfenis.

Geniet Erfenisdag! 🇿🇦

📍Suider PaarlSonnige hoekwoonstel met 2 slaapkamers op die grondvloer.Hierdie noord-georiënteerde woonstel met twee slaa...
20/09/2026

📍Suider Paarl

Sonnige hoekwoonstel met 2 slaapkamers op die grondvloer.
Hierdie noord-georiënteerde woonstel met twee slaapkamers is geleë in die gewilde La Perla-kompleks in Suid-Paarl en bied maklike toegang tot Paarl Mall en Kaapstad.

Dit is een van die grootste woonstelle by La Perla.

• Oopplan-sitkamer en -kombuis met ingeboude oond; dit lei na 'n sonnige patio.
• Volledige badkamer met 'n aparte stort.
• Voorafbetaalde elektrisiteit.
• Een oop parkeerplek en bykomende besoekersparkering.

Ideaal vir belegging met 'n uitstekende opbrengs.

Kontak Heinrich 📞 072 265 5306.

Vir meer inligting klik hier: https://www.property24.com/for-sale/paarl-south/paarl/western-cape/8623/117616093

📍Wolseley l Wyn- & Vrugte PlaasHierdie werkende plaas is geleë tussen die pragtige Witzenberg- en Groot Winterhoekberge....
17/09/2026

📍Wolseley l Wyn- & Vrugte Plaas

Hierdie werkende plaas is geleë tussen die pragtige Witzenberg- en Groot Winterhoekberge.

Met 'n jaarlikse watertoewysing van 630 000 m³, tesame met bykomende bergingskapasiteit, is daar voldoende water vir die besproeiing van die volgende bestaande gewasse:
- 69,79 ha wyndruiwe
- 15,47 ha pere
- 2 ha nektariens

'n Bykomende 17 ha is reeds skoongemaak en gereed vir die vestiging van nuwe gewasse (druiwe, appels, bloubessies).

Die opstal bestaan uit 'n huis met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die huis beskik verder oor 'n gerieflike sitkamer met 'n kaggel, eetkamer, kombuis en spens, asook 'n kantoor. Bykomende geboue sluit in: 'n dubbelmotorhuis, 3 buitegeboue (stoorruimtes) en 8 werkershuise.

Hierdie stuk vrugbare grond bied 'n seldsame geleentheid vir gerieflike boerdery, uitbreiding, belegging en leefstylboerdery.

Kontak Ben 📞 082 670 8114

Vir meer inligting klik hier: https://www.property24.com/for-sale/wolseley/wolseley/western-cape/7610/116290281

📍 Hoofstraat l PaarlBesigheidsperseel Uitstekende sigbaarheid en 'n gewilde ligging naby Optenhorst-winkelsentrum.Hierdi...
14/09/2026

📍 Hoofstraat l Paarl

Besigheidsperseel

Uitstekende sigbaarheid en 'n gewilde ligging naby Optenhorst-winkelsentrum.

Hierdie perseel is ideaal vir enige besigheid wat voetgangerverkeer en sigbaarheid soek.

Die perseel bestaan uit 6 vertrekke, 'n kombuis, badkamer en 'n enkelmotorhuis, met 'n agterplaas ook beskikbaar.

Beskikbaar vanaf 1 Oktober

Kontak Heinrich 📞 072 265 5306.

Vir meer inligting klik hier: https://devreugde.co.za/property/business-premises-on-main-street/

11/09/2026

🔴SKOUHUIS🔴

🏡Hoofstraat, Kleinmond
📅Sondag, 13 September
⏰11:00 - 13:00

Kontak Ben Fourie 📞 068 990 2675 vir meer inligting of besoek https://www.property24.com/for-sale/kleinmond-central/kleinmond/western-cape/16691/117602576

Alleenmandaat l Geen oordragskostes

Hierdie een jaar oue stylvolle 3-slaapkamer, 2-badkamer huis is afgewerk met hoë-gehalte materiale. Lig en kontemporêr, met 'n pragtige oopplan-kombuis en -leefarea wat na buite oopmaak.

Die hoofslaapkamer bied 'n ruim inloopkas en en-suite-badkamer; twee verdere slaapkamers en 'n tweede badkamer wat perfek is vir familie, gaste of 'n tuiskantoor.

Buite wag 'n netjiese tuin met pragtige berguitsigte.

En dan die geleentheid: geleë op 'n prominente plek in die Hoofstraat, met die proses vir besigheidsregte reeds in die finale stadium. Dit maak hierdie eiendom ideaal vir eienaars wat wil woon, werk én 'n besigheid bedryf vanaf hierdie adres, of dit nou 'n praktyk, boetiekkantoor, ateljee of konsultasiediens is (onderhewig aan finale goedkeuring en voorwaardes).

Pure 📍 Paarl Agentskap
🏡 Verkoop l Verhuur
Persoonlik. Ervare. Betroubaar.

📍Vrykyk l PaarlAlleenmandaat Hier word jy hartlik verwelkom met ‘n ruim privaat stoep en buitebraai wat spog met ‘n prag...
07/09/2026

📍Vrykyk l Paarl

Alleenmandaat

Hier word jy hartlik verwelkom met ‘n ruim privaat stoep en buitebraai wat spog met ‘n pragtige uitsig oor die Paarlberg. Vanaf die kombuis en agterplaas kan jy ook die mooi Drakensteinberge bewonder.

Die sitkamer word gevul met volop natuurlike lig en vloei maklik deur na die kombuis en tv kamer, waar ‘n knus kaggel en klein kroeg die ideale ruimte vir ontspanning en onthaal skep.

Al drie slaapkamers beskik oor ingeboude kaste en groot vensters wat die vertrekke lig en ruim laat voel.

Die badkamers is goed toegerus met beide ‘n toilet en wasbak, waarvan die een ‘n stort bied en die ander ‘n bad.

Die eiendom bied ‘n dubbelmotorhuis, asook ekstra parkering voor die huis.

• Troeteldiere Welkom
• Huurder Onkoste: Alarm Monitering (optioneel), Riool, Vullis, Water & Krag
• Dadelik Beskikbaar

Kontak Anke 📩 [email protected]

Vir meer inligting klik hier https://devreugde.co.za/property/3-slaapkamer-gesinshuis-in-populere-vrykyk/

📍Darling l Graan-/ SkaapplaasHierdie uitsonderlike plaas tussen Malmesbury en Darling bied verskeie inkomstegeleenthede,...
03/09/2026

📍Darling l Graan-/ Skaapplaas

Hierdie uitsonderlike plaas tussen Malmesbury en Darling bied verskeie inkomstegeleenthede, met pragtige uitsigte en uitstekende landboupotensiaal.

Die plaas beskik oor topgehalte infrastruktuur, insluitend vyf skure, lamhokke, ’n historiese 4-slaapkamer herehuis, twee addisionele huise, kantoorruimte en tien netjiese werkershuise met sonkrag.

Water word voorsien deur twee boorgate wat die verskillende kampe en wonings bedien, terwyl die plaas in uitstekende toestand onderhou word.

Hierdie pragtige, goed versorgde plaas is ideaal om produktiewe boerdery tesame met leefstyl- en toerismepotensiaal te kombineer!

Kontak Ben 📞 082 670 8114

Vir meer inligting klik hier: https://devreugde.co.za/property/immaculate-grain-sheep-farm-malmesbury-darling/

Die son is uit, die blommetjies bot, en ons het lentekoors! 🌷 Ons Arboretum lyk op sy pragtigste, Paarlberg Natuurreserv...
01/09/2026

Die son is uit, die blommetjies bot, en ons het lentekoors! 🌷

Ons Arboretum lyk op sy pragtigste, Paarlberg Natuurreservaat wink vir 'n stap in die buitelug, en die wingerde en boorde bars van nuwe, vars lewe. Daar's min plekke wat lente so mooi vier soos die Boland.

Geniet Lentedag!

📍Wilde Paarde Landgoed l Suider-PaarlHierdie splinternuwe, moderne, 3-slaapkamerhuis huis is geleë op Wilde Paarde Landg...
28/08/2026

📍Wilde Paarde Landgoed l Suider-Paarl

Hierdie splinternuwe, moderne, 3-slaapkamerhuis huis is geleë op Wilde Paarde Landgoed teenoor Boschenmeer Gholfbaan.

Dit bied 'n groot oopplan-sitkamer/ eetkamer en kombuis met opwaskamer en lei na 'n braai-patio en agterplaas.

Die dubbelmotorhuis bied direkte toegang tot die huis.

Oordragkostes ingesluit.

Kontak Heinrich 📞 072 265 5306.

Vir meer inligting klik hier https://devreugde.co.za/property/brand-new-3-bedroom-house-in-wildepaarde-estate/

🏡 Eiendomsagente wat omgee!Geleë langs die Paarl-hoofpad in ‘n groen, skaduryke woonbuurt, kan ons aan al u eiendomsbeho...
24/08/2026

🏡 Eiendomsagente wat omgee!

Geleë langs die Paarl-hoofpad in ‘n groen, skaduryke woonbuurt, kan ons aan al u eiendomsbehoeftes voldoen in ‘n rustige en privaat omgewing.

Of jy nou op soek is na 'n huis om te koop, of 'n plek om te huur, ons gee regtig om en loop graag elke stap van die pad saam met jou.

Maak jouself tuis!

Address

2 Second Avenue
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 16:00

Telephone

+27218729608

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Vreugde Eiendomme / Properties posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Vreugde Eiendomme / Properties:

Shortcuts

Share

Category