21/07/2020
Gedagte van die week...
“ek trek my grense in potlood
terwyl ek my hart
oor die lyn maak trap.
ek staan vry langs
my tekortkominge
en stof my lewenslesse
toegedraai in foute af
want op Dinsdag besef ek weer
ek is meer as net
roetine en verwagtinge
ek is vry, ek is heel, ek is ek
en ek mag droom.”
- kaalwoorde