22/09/2026
Goeie dag
Woolworths beter bekend as Woolies is tans in proses om die ou lojaliteitskaart uit te faseer en oor te skakel na ‘n digitale formaat toepassing (App) vir slimfone.
Dit beteken dat alle huidige Woolies lojaliteitskaarte Januarie 2026 verval het en ondersteuners moet oorskakel na die digitale platform deur die MyDifference toepassing (App) op hul slimfone af te laai en daarop te registreer om van hul lojaliteitsvoordele te kan gebruik.
Voordele sluit in afslag op aankope en punte wat tot voordeel van Nie-winsgewende Organisasies toeval.
Die Blommefonds is reeds 'n geregistreerde begunstigde in die MyDifference lojaliteitsprogram as deel van ons fondsinsamelings inisiatiewe. Ten einde volhoubaar voordeel uit die Woolies lojaliteitsprogram te trek versoek ons alle inwoners om hul familie en vriende aan te moedig om vanaf die huidige Woolies kaart oor te skakel na die Woolworths MyDifference toepassing (App) en die Blommefonds Pretoria as 'n begunstigde te kies. Lede van die publiek word ook uitgenooi om die Blommefonds hierdeur te ondersteun.
Almal se samewerking kan hierdie program suksesvol maak tot voordeel van die inwoners van die Blommefonds.