04/11/2022
Hi almal. Ja dis lank sedert ek iets geplaas het. Ek moet darem bysê dat ek woes besig was maar ja dis geen verskoning nie.
Vandag se deel wil ek graag plaas omdat iets persoonlik my dryf om daaroor te praat. Ek het al gewonder hoeveel mense deur hierdie selfde vraag geworstel het.
Soms word jy gestenig vir iets wat jy nie gedoen het nie - deur iemand wat nie onskuldig is nie en wat niks fout sien met hulle optrede nie. Wel bietjie beter gesê-
Jesus is gekruisig (onskuldig) gebasseer op dinge wat mense oor hom gesê en ged**k het. Hy was en is die enigste wat as mens sonder sonde was - tog het mense (wat vol sonde was) hom so beskuldig dat dit uiteindelik tot sy kruisiging gelei het.
Jesus het niks verkeerd gedoen nie maar tog is Hy beskuldig van alles wat "die mense" nie van gehou het nie.
Daardie selfde mense was "die mense" wat die verkeerde dinge gedoen het maar hulle wou nie weet dat hulle verkeerde dinge gedoen het nie of hulle het niks daarmee verkeerd gesien nie.
In hierdie gedeelte wil ek gevolglik sê - moenie so maak soos wat die menigte met Jesus gemaak het. Moenie iemand kruisig vir dinge wat hy/sy nie gedoen het nie. En as jy skuldig is moenie probeer om jou skuld te ontken of te d**k daar is niks mee verkeerd nie.
Jammer vir die bietjie filosofie. D**k daaroor en dan sal jy verstaan wat ek bedoel.
Lekker dag