15/04/2019
Ek was deel van die beste Real Estate groep Karis Properties, ons was en is een groot familie met die beste twee Principale. Betsie en Andre ek wil van die geleentheid gebruik maak om julle te bedank, Betsie dankie vir alles wat ek die afgelope twee jaar by jou geleer het. Jy was altyd reg om ons te motiveer en om te leer om net goed in jou mede mens te sien, ek is so dankbaar vir die tyd wat ek onder jou gewerk het. Andre ek het begin met eindomme onder jou vlerk. Dankie vir die aanmoeding die dae wat ek wou handoek ingooi, dankie vir die motivering die afgelope 4 jaar, dankie dat jy en Betsie deel is van my lewe. Ek trek Dubai toe om by twee pragtige seun te gaan bly maar ek gaan daar my loopbaan voort sit in eindome met die groot droom om Karis Properties daar oop te maak saam met julle. Dankie Betsie en Andre ek is 'n sterker mens met baie selfvertoue te danke aan julle.