06/01/2019
Elke nag het 'n klein dogtertjie een van haar skoene onder die bed ingegooi voordat sy gaan slaap het. Toe haar mammie vra waarom, het sy geantwoord, "My Sondagskool-juffrou het gese as ek soggens onder my bed na my skoen soek, sal dit my laat onthou om my gebedjie te se terwyl ek daar buk." As dit help, gooi jou skoen onder die bed! Gebed is die lewenskrag wat ons onderskraag.
Dawid het geskryf: 'Ek verlang na U, o God, soos 'n wildsbok verlang na strome water. Ek is dors vir God, vir die God wat lewe. Wanneer kan ek Hom weer in sy tempel gaan dien?'
(Psalm 42:1-3)
* Lorinda Maritz *