25/05/2026
So tussen die skoonmakery vanoggend, vang die gasteboek my oog. Ons gaste se mooi boodskappe en waardering maak my Maandag sonneblomgeel en vrolik. Ek neem vinnig twee foto's lukraak af. Dankie vir al die baie mooi boodskappe in ons gasteboeke. Ons waardeer elkeen. Ons geniet wat ons doen. Dis so lekker om mense tuis en welkom te laat voel. Ons deel graag ons stukkie paradys met ander en elke boodskap maak ons bly.