20/09/2026
🌿 DUINEKROON BOSKAMP 🌿
’n Klein, privaat boskamp net 1 km vanaf Stilbaai!
Op soek na ’n rustige wegbreek in die natuur?
Duinekroon Boskamp bied ’n klein, privaat kampervaring met slegs ’n paar staanplekke, waar jy die rustigheid en vryheid van die plaas kan geniet.
🏕️ Klein en privaat
🌿 Rustige atmosfeer
🌊 Slegs 1 km vanaf Stilbaai
🔥 Braai rustig onder die sterre
🐴 Natuur, ruimte en vryheid vir die hele gesin
Verken Stilbaai se dorp en pragtige strande bedags, en kom ontspan saans in die rustigheid van die veld.
’n Plek waar gesinne en kinders die natuur, vars lug en ware plaaslewe kan beleef.
Kom rus, herlaai en geniet die eenvoudige mooi van die natuur. 🌿❤️
📞 Kontak ons vir besprekings:
082 499 7972