02/05/2024
Wat ‘n wonderlike inisiatief van my liewe kollega Christelle Harcourts Cape Agulhas. Sy doen dit al ‘n hele paar jaar en die kinders en mense wat die mussies kry, is tog só dankbaar daarvoor. Hierdie jaar is daar ‘n ekstra area by, so ons sal moet BREI of hekel. Soos ek dit verstaan kry elke area 67 mussies, so daar is baie om te brei, en ‘n KLOMP mense wat gaan kry. Selfs ek gaan probeer (en ek brei vrot), maar as dit nie werk nie dan gee ek net my wol vir die wat kan. Laat die penne klap, die winter is koud en nat! 🧶🧶🧶
Laai jou mussie(s) en/of wol af by enige van ons Harcourts Cape Agulhas kantore - Struisbaai/Agulhas/Bredasdorp 🤗
I Mei begin brei of hekel asb.🙏Ek vra hulp ...by voorbaat baie dankie!
Probeer om vir 4 areas 67 warm mussies uit te deel vir winter.As jy nie wil brei nie skenk asb wol.Ek glo hierdie gaan soveel mensies warm hou!💙🙌
Gee af by enige van ons Harcourts Cape Agulhas se kontore.
Kontak my gerus vir enige vrae.
📲082 456 4006
My eerste 2 van oorskiet wol is klaar 😁