05/12/2016
VAKANSIEVERHURING IN YZERFONTEIN.
Awesome bied selfsorgverblyf in Yzerfontein, 'n dorpie aan die Weskus. Besienswaardighede in die omgewing sluit Dasseneiland se pikkewynkolonie, die Weskus Nasionale Park, die 16-myl-strand en die Tienie Versveld Reservaat in.
Dié 2-slaapkamereenheid is op die eienaar se perseel en beskik oor 'n oopplan-leefarea, 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n privaat ingang. Die eerste en tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die gedeelde badkamer is ingerig met 'n bad en 'n stort. 2 ekstra matrasse is beskikbaar vir kinders. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond en 'n ketel. Bykomende geriewe sluit 'n TV, DStv, binnebraai-area en parkeerplek op die perseel in.
Daar is ook baie doendinge in die omgewing soos swem, branderplankry, roei, voetslaan, bergfietsry en voëlkyk.