01/09/2026
2139 ha Vrystaatse saai- en weidingsplaas naby Bloemfontein te koop. -R45 000 000 (Btw excl )
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid om ’n goed gebalanseerde gemengde boerdery met goeie besproeiingslande, droëlande en pragtige weiding te koop. Die plaas beskik oor sterk boorgate met 860 793 m³ waterregte en goeie infrastruktuur.
Die plaas kan ook as twee afsonderlike gedeeltes verkoop word.
LIGGING
Die veilige, goed toegeruste plaas is ongeveer 47 km vanaf Bloemfontein, in die rigting van Petrusburg geleë en beskik oor ’n goeie toegangsroete.
LANDE
•97 ha Besproeiingslande, bedien deur 7 spilpunte.
•860 793 m³ Waterregte
•630 ha Droëlande.
•Grondtipe: Hoëpotensiaal rooi-sandleemgrond.
Besproeiing word vanuit 35 toegeruste boorgate gedoen. Die boorgate is onderling verbind, wat dit moontlik maak om die spilpunte vanuit verskillende boorgate te bedien. Besproeiing word direk vanuit die boorgate gedoen, met die uitsondering van een sementdam waaruit besproei word.
Presisieboerdery word toegepas.
Somergraan chemiese regstellings is gedoen en inligting hieroor is op aanvraag beskikbaar. Kalk is gedurende die vorige seisoen op alle lande toegedien.
Mielies, sonneblom en koring word onder spilpunt op ’n rotasiestelsel geplant. Wisselbou op die droëlande word met mielies en sonneblom gedoen.
OPBERENGSTE
Daar opbrengste op droëland mielies is tot 6 ton per hektaar en 1.5 ton op droëland sonneblom.
Die opbrengste onder spilpunt-mielies is 12 ton/ha + en op spilpunt-koring 7 ton/ha +.
WEIDING EN UITVAL – 1 412 ha
Die plaas beskik oor goeie soetveldweiding, verdeel in 16 weidingskampe wat van waterkrippe voorsien is.
Die drakrag is ongeveer 8-9 ha/GVE.
INFRASTRUKTUUR
Daar is 3 woonhuise op die plaas. Die hoofwoonhuis is ’n netjiese 6-slaapkamerhuis met moderne afwerkings. Die huis beskik oor:
•’n Moderne oopplan-kombuis
•Ruim woonvertrekke
•’n Kantoor
•3 Badkamers
•’n Dubbelmotorhuis
•’n Patio met braaigeriewe
•’n Swembad
Daar is ook 3 IBR-store asook ’n kleiner stoor op ’n ander gedeelte van die plaas.
Die plaas beskik verder oor goeie veehanteringsgeriewe.
Die hoofwoonhuis en omliggende infrastruktuur is omhein met geëlektrifiseerde heinings en toegerus met Agrisolar-sekuriteitskameras.
Die grensdrade en paaie is in ’n goeie toestand.
BEMARKINGSPRYS
R45 000 000 (BTW uitgesluit)
DIE PLAAS KAN IN TWEE AFSONDERLIKE GEDEELTES VERKOOP WORD.
Die plaas bestaan uit 5 titelaktes, wat as ’n eenheid gekoop kan word of alternatiewelik in twee afsonderlike gedeeltes gekoop kan word.
GEDEELTE 1 – 1 197 ha ( R26 000 000 BTW uitgesluit)
3 Titelaktes met die volgende:
•602 ha Weiding en uitval
•550 ha Droëlande
•45 ha Besproeiingslande
•421 818 m³ Geregistreerde waterregte:
o388 818 m³
o33 000 m³
•3 Spilpunte:
o25 ha Valley
o12,5 ha Stettyn
o7,5 ha Stettyn
•19 Toegeruste boorgate
•’n Goeie 6-slaapkamerwoonhuis met swembad en dubbelmotorhuis
•’n 3-Slaapkamerwoonhuis met dubbelmotorhuis
•3 IBR-store
•Veehanteringsgeriewe
•5 Werkershuise
•3 Kragpunte:
o25 kVA
o50 kVA
o100 kVA
GEDEELTE 2 – 942 ha ( R19 000 000 BTW uitgesluit )
2 Titelaktes met die volgende:
•811 ha Weiding en uitval
•79 ha Droëlande
•52 ha Besproeiingslande
•4 Valley-spilpunte:
o2 x 2-toring
o1 x 3-toring
o1 x 4-toring
•438 975 m³ Waterregte vanuit boorgate
•17 Boorgate, waarvan 1 nie toegerus is nie
•’n Fontein
•2 Sementdamme vir veesuiping
•3 Eskom-kragpunte:
o100 kVA
o50 kVA
o25 kVA
•’n 3-Slaapkamerwoonhuis, tans onbewoon en wat restourasie benodig
•’n Stoor
•‘n Arbeidershuis en stoorkamers
ADDISIONELE INLIGTING
Die spilpunte en pompstelsels is by die koopprys ingesluit.
Daar is geen werkers met verblyfreg op die plaas nie.
Indien van toepassing, sal BTW op die transaksie gehef word.
THE FARM AGENT
Hazel Minnaar: 082 412 5599
Philip Minnaar: 082 628 3902