30/10/2026
Welkom by Home & Hectare, Moolman Mentz!
Ons is opgewonde om Molie by ons span te verwelkom. Met sterk wortels in Ermelo, uitgebreide ervaring in besigheid, bemarking en kliëntediens, bring hy 'n skat van kennis en professionaliteit na Home & Hectare.
Ons sien uit na die waarde wat hy vir ons kliënte, kollegas en gemeenskappe gaan toevoeg.